Die Tshwane-metro se elektrisiteitseenheid het sy werk in Mamelodi-Oos hervat nadat werkers gedreig en gedwing is om krag in ’n nabye buurt onwettig af te skakel.
Werkers van die metro was Dinsdag in Mamelodi toe ’n groep inwoners hulle aangehou het.
Volgens Selby Bokaba, woordvoerder van die metrot, was inwoners kwaad weens ’n probleem by die Mamelodi-2 substasie wat ’n kragonderbreking net ná beurtkrag veroorsaak het.