Die Nelson Mandelabaai-metro het ’n tekort aan 30 megaliter water per dag.
Die watertekort het veral die afgelope vier weke krane in die weste van die metro, wat die KwaNobuhle-gebied insluit, laat opdroog.
Volgens ’n verklaring van die metro is daar slegs 260 megaliter water per dag beskikbaar, terwyl die daaglikse verbruik sowat 290 megaliter is.