Die winter is hier.
Bibberweer en reën plek-plek word die naweek en veral Saterdag in die noordelike provinsies verwag.
Tokelo Chiloane, voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê die maksimum temperature in Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en KwaZulu-Natal sal vanaf Vrydag begin daal. Saterdag gaan die koudste wees met maksimum temperature van tussen 11 °C en 16 °C in dié provinsies. Die kwik sal teen Sondag weer begin klim.