Boere en inwoners van die Benede-Oranjerivierstreek moet hulle voorberei op vloedtoestande soos in 2011 langs die Oranjerivier gesien is.
Dit was Vrydag die waarskuwing van Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie.
Volgens projeksies wat op inligting van die departement van water en sanitasie gegrond is oor die hoeveelheid water wat tans by die Bloemhof- en Vanderkloofdam uitgelaat word, wil dit voorkom asof die Oranjerivier se vloei moontlik tot meer as 4 600 kumek (kubieke meter per sekonde) kan styg.