Bykans 3 600 ha plantegroei bly in slag in veldbrand by Gysmanshoek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Brandbestryders van Werk met Vuur (WoF) vroeër besig om die veldbrand by Gysmanshoek te bestry.
Brandbestryders van Werk met Vuur (WoF) vroeër besig om die veldbrand by Gysmanshoek te bestry.

Bykans 3 600 ha plantegroei is vernietig in ’n veldbrand wat meer as ’n week lank in die gebied van Gysmanshoek in Heidelberg (Wes-Kaap) geduur het.

Die brand is Dinsdag in bedwang gebring nadat sowat 9,5 mm reën in die gebied geval het, sê die Garden Route-distriksmunisipaliteit (GRDM) in ’n verklaring.

Die brand het verlede Maandag laat in Gysmanshoek ontstaan en is aanvanklik deur ’n boer bestuur en gemonitor. Hy het nie ’n onmiddellike bedreiging voorsien nie. Verlede Dinsdag het die weer egter drasties verander en is die veldbrand deur ’n suidwestelike wind in die rigting van die Gysmanshoekpas aangeblaas. ’n Aantal huise was in die pad van die brand, waarvan een toe afgebrand het. In die dae wat gevolg het is nog sewe ander huise in die gebied van die brand gered. Die GRDM is bygestaan deur brandspanne van Werk met Vuur (WoF) en CapeNature.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.21
+2.2%
Rand - Pond
19.80
+1.1%
Rand - Euro
16.70
+1.4%
Rand - Aus dollar
11.48
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,791.84
-0.1%
Silwer
20.60
+0.3%
Palladium
2,255.50
+1.5%
Platinum
946.00
+0.9%
Brent-ruolie
96.31
-0.4%
Top-40
63,161
-1.0%
Alle aandele
69,745
-0.8%
Hulpbronne 10
64,485
-0.9%
Industriële 25
84,636
-1.4%
Finansiële 15
15,760
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos