’n Groep bewaringsaktiviste, onder wie 50 lede van die Europese Parlement en meer as 30 nieregeringsorganisasies (NRO’s), het Dinsdag ’n brief aan die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) oorhandig waarin hulle vra dat trofeejag wêreldwyd verbied moet word.
Die Europese Parlement-lede en die NRO’s, onder wie Action for Animals, Animal Aid, Four Paws International, Ivory Free Canada Coalition en die Suid-Afrikaanse Ban Animal Trading, Blood Lions, Captured in Africa, Four Paws Suid-Afrika, Green Girls in Africa en Voice for Lions, vra Ivonne Higuero, nuwe sekretaris-generaal, in die brief om ’n verbod te plaas op trofeejag omdat bedreigde spesies uitsterf.
Die brief lui dat Cites bepaal wild wat op aanhangsel 1 van Cites is, word kritiek bedreig en dat geen handel in lewende diere of hul liggaamsdele gedryf mag word nie.