Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n vlak 2-waarskuwing teen erge donderstorms uitgereik wat oorstromings in die Oos-Kaap kan veroorsaak. Die sentrale en noordelike dele van die provinsie kan veral onder die nat weer deurloop. ’n Afsnystelsel word ook later in die week verwag wat moontlik oor die sentrale dele van die land verwoesting kan saai.
Gauteng
Mooiweer wat later gedeeltelik bewolk en warm word met die moontlikheid van donderstorms in die middag.