Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n oranje vlak 5-waarskuwing oor swaar stormreën in KwaZulu-Natal en die oostelike dele van die Oos-Kaap uitgereik. Limpopo en Mpumalanga sal ook deur die stormweer geraak word.
’n Afsnylaagdrukstelsel het Woensdag in dele van Suid-Afrika begin woed. Vlak 2-waarskuwings is ook vir die Vrystaat, Noordwes en Gauteng uitgereik.
Die stormweer kan skade aan infrastruktuur aanrig en oorstromings veroorsaak.