Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor donderstorms met gepaardgaande swaar reën Woensdag in dele van Gauteng, die Noordwes, die sentrale en oostelike dele van die Vrystaat, asook die verre westelike dele van KwaZulu-Natal. ’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande Woensdag tussen Alexanderbaai en Plettenbergbaai wat navigasie ter see kan bemoeilik.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie.