Die swaar reën en oorstromings die afgelope naweek in groot dele van die noordelike binneland is ’n tydige herinnering dat Suid-Afrika hom al hoe meer op uiterste weersomstandighede sal moet begin voorberei.
Talle huishoudings in gebiede soos Eersterust, Mamelodi, Gomora in Pretoria-Wes, Soshanguve, Onverwacht in Cullinan, Hammanskraal en Marikana in Centurion is in die naweek se oorstromings geraak. Voertuie is meegesleur en heldedade was soms nodig om mense uit die vloedwater te red.
Meer gereelde oorstromings is juis een van die dinge waaroor kenners in Netwerk24 se spesiale projek – “ ’n Koorsige aarde: Jou optrede maak saak” – oor die impak van klimaatsverandering op veral Suid-Afrika waarsku.