Lente is slangseisoen en soos die temperatuur styg, verlaat slange hul ondergrondse skuilings op soek na kos.
Dit is egter ’n stadige proses en hulle word meer aktief namate dit warmer word, sê Johan Marais, uitvoerende hoof van die African Snakebite Institute (ASI).
“Sodra die eerste somerreën val, word hulle baie aktief en word meer gereeld gesien.”