Die einde van die geblikte leeubedryf is uiteindelik in sig.
Die eerste stap na wetgewing om dié bedryf finaal te sluit, is verlede week gegee toe die kabinet die konsep-witskrif oor die bewaring en volhoubare gebruik van Suid-Afrika se biodiversiteit goedgekeur het.
Met dié konsep-witskrif wil die departement van visserye, bosbou en die omgewing die toegang en volhoubare gebruik van biodiversiteit vir almal in die land moontlik maak, het Barbara Creecy, minister, Maandag gesê.