Twee bewaringsorganisasies het gister in ’n debat van die parlementêre portefeuljekomitee oor visserye, bosbou en omgewingsake gevra dat ’n moratorium onmiddellik geplaas word op die jag en teel van leeus in gevangenskap.
Douglas Wolhuter, bestuurder van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), en Tony Gerrans, uitvoerende direkteur van die Humane Society International/Afrika, het gesê terwyl Barbara Creecy, minister van visserye, bosbou en omgewingsake, verlede jaar ’n taakspan aangestel het om die geblikteleeubedryf te sluit, groei die bedryf en gaan die jag van hierdie diere onverpoosd voort.
Die teel van die diere gaan ook voort.