Meer as 15 strande in die Suid-Kaap het die gesogte blouvlagstatus ontvang.
Die blouvlagseisoen open op 1 Desember en strande met dié status moet aan bepaalde hoë standaarde voldoen. Dit sluit in die monitering van watergehalte, openbare veiligheid en mensereddingsdienste, asook dat geriewe goed in stand gehou word. Suid-Afrika neem sedert 2001 aan die blouvlagprojek deel.
Die blou vlag wapper nou op ses strande in Plettenbergbaai, het Plett Tourism, die organisasie wat dié kusdorp bemark, in ’n verklaring gesê.