Owerhede in die Wes-Kaap sê dis nog te vroeg om te bepaal of ondergemiddelde reënval dié winter gaan voorkom en damvlakke bly voldoende vir die provinsie se aanvraag.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel ’n 60%-kans op reën Saterdag in die Suidwes-Kaap en ’n 80%-kans op reën Sondag.
Teen Maandag het die provinsie se gemiddelde damvlakke op 51,6% gestaan, teenoor 53% in 2021.