Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak staan tans net bo 50% en is net effens hoër as die vlak dié tyd verlede jaar.
Die gemiddeld het die afgelope week van 53,2% tot 52,2% gedaal en was 49,4% in die ooreenstemmende tydperk in 2021.
Kaapstad se gemiddelde damvlakke het ook van 65,9% tot 64,4% teen Maandag afgeneem en was 69,6% ’n jaar gelede.