Die damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week verder gedaal, en nog uiters warm weer word vir Dinsdag oor die provinsie voorspel.
Kaapstad se gemiddelde damvlak het van 76,3% verlede week tot 75,1% Maandag gedaal. Dit is in vergelyking met die 98% wat dit in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was.
Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het van 65,9% tot 64,3% teenoor 80,7% in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar gedaal.