’n Navorsingsprogram word tans ontwikkel om die invloed van seismiese opnames in die Eksklusiewe Ekonomiese Sone (EES) aan die Suid-Afrikaanse kus te ondersoek.
So het Barbara Creecy, minister van visserye, bosbou en omgewingsake, Woensdag in haar begrotingstoespraak in die parlement bekend gemaak.
Creecy het gesê seismiese opnames wat beplan word vir die soektog na olie en gas aan die Suid-Afrikaanse kus, is ’n “baie belangrike” kwessie wat tans druk deur die burgerlike samelewing bespreek word.