Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en die omgewing, het aangekondig dat ’n stuk grond in Bettysbaai by die Harold Porter- Nasionale Botaniese Tuin gevoeg gaan word.
Die Wêreldnatuurfonds (WWF) in Suid-Afrika het dié grond, erf 3007, in 2018 gekoop om by die tuin gevoeg te word, waarna die nasionale biodiversiteitsinstituut (Sanbi) ’n ooreenkoms vir die bestuur daarvan gesluit het.
Die nasionale departement van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE) het Sondag in ’n verklaring gesê ’n ooreenkoms van 99 jaar is met die WWF aangegaan.