Met ’n laagdrukstelsel wat Vrydag oor die land inbeweeg, kan mense in ’n groot deel van die land hulle staal vir ’n naweek van storms.
Annette Botha, meteoroloog van Vox Weather, sê die laagdrukstelsel wat Vrydag oor Namibië en Botswana inbeweeg, sal tot ’n instroming van vogtige lug uit die tropiese streke na Suid-Afrika lei.
“Dié vogtige lug sal oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika in sirkulasie wees en die moontlikheid van swaar reën word vir die Hoëveld voorspel.”