Met die kwik wat Saterdag teen etenstyd ver bo 30 °C was, het honderde mense na die Kaapse strande gestroom om lafenis van die hitte te kry.
Intussen het verskeie brande by Ou Kaapseweg begin, met die pad wat tussen Steenberg en Noordhoek gesluit is.
Jermaine Carelse, woordvoerder van die metro se branddienste, sê teen 13:00 was daar twee watertenke en ses pompe met 80 beamptes van die metro wat besig was om die brande te blus.