’n Hittegolf met hoë temperature word Vrydag en Saterdag oor dele van die Wes-Kaap verwag, met die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) wat ook oor ’n uiters hoë brandgevaar op plekke waarsku.
Die SAWD verwag dat die hittegolf Vrydag op plekke in die Kaapstad-metropool, Drakenstein en Stellenbosch gaan voorkom en Saterdag in die Knysna-munisipaliteit.
Uiters warm weer word Vrydag vir die binneland van die Kaapse Wynland, Sentraal-Karoo, Kannaland en Oudtshoorn voorspel.