Kan die Touwrivier by Wildernis ’n groot vloed hanteer?
Die Suid-Kaap Grondeienaarsinisiatief (SCLI) is bekommerd hieroor omdat die rivier volgens hom die afgelope twee dekades beduidend vlakker geword het, terwyl die kanale nouer is en meer riete nou daarin voorkom.
Die SCLI is ’n openbare platform vir grondeienaars en -bestuurders wat ’n belang het by die uitwissing en beheer van indringerplantegroei.