Die Oranjerivier het Sondag ’n piek van 2 798,78 kumek (kubieke meter per sekonde) by die Katlani-watermoniteringspunt by Douglas in die Noord-Kaap bereik.
Die rivier vloei baie sterk, maar geen erge skade is tot dusver in die Benede-Oranjerivierstreek aangemeld nie.
Die departement van water en sanitasie het Vrydag gesê hy gaan nie die uitvloei van 800 kumek tot 1 000 kumek verhoog nie.