Die Oranjerivier is die tweede keer vanjaar in vloed. Dit is danksy goeie reën wat sedert laat November oor die Vrystaat en Noord-Kaap uitsak en steeds val.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê die beduidende heersende La Niña-stelsel sal vir die res van die seisoen bogemiddelde reënval in al die somerreënvalstreke meebring.