Die eThekwini-metro het laat Saterdagmiddag ’n beroep gedoen op inwoners om onmiddellik oorstroomde gebiede in die stad te ontruim.
Dit volg nadat swaar reën sedert Saterdagoggend in die gebied uitgesak het en talle paaie verspoel is. Daar is ook reeds op plekke modderstortings aangemeld.
’n Rooi vlak 10-weerwaarskuwing is tans van krag in die metro.