Die Suid-Afrikaanse Weermag is Saterdagaand gevra om die KwaZulu-Natalse provinsiale regering by te staan om mense wat in laagliggende gebiede woon te ontruim.
Watervlakke van riviere in die provinsie is besig om te styg na swaar reënval Saterdag.
’n Rooi vlak-10 weerwaarskuwing is vroeër uitgereik vir streke langs die kus, insluitend eThekwini.