Twee jaar nadat Maia die seeskilpad se een swempoot geamputeer is, het sy haar redders verstom toe sy binne agt dae ná haar vrylating 600 km van Suid-Afrika na Mosambiek geswem het.
Maia, wie se naam “dapper” beteken in die Maori-taal, is twee jaar gelede op ’n strand in die Isimangaliso-vleiland-park in KwaZulu-Natal gered.
Haar poot was so styf verstrengel in plastiek dat die weefsel begin doodgaan het.