Laer temperature word aanvanklik aanstaande week in die Wes-Kaap verwag, maar teen Woensdag word temperature bo 30 °C op plekke voorspel.
In die Oos-Kaap is daar Maandag en Dinsdag ’n kans op reën en donderweer, terwyl die Suid-Afrikaanse Weerdiens ook gewaarsku het oor swaar reën wat van Sondag tot Maandag tot oorstromings op plekke kan lei.
Dié waarskuwing is uitgereik vir die Joe Gqabi-, Chris Hani- en Alfred Nzo-distrik, asook Amahlathi- en die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit.