’n Aankondiging dat TotalEnergies Exploration & Production SA (Teepsa) met boorwerk aan die suidwestelike kus van Suid-Afrika wil voortgaan, laat die oë rek.
Só het dr. Wynand Boshoff, die VF-Plus se woordvoerder oor minerale bronne en energie, gister gesê.
Hy het daarna verwys dat dié maatskappy reeds seismiese verkenning afgehandel het en nou boorgate wil sink om vas te stel of ekonomies benutbare olie- en gasreserwes daar voorkom.