Veldwagters van die Kruger Nasionale Park het Saterdag ’n olifantbul by die Letaba-ruskamp van kant gemaak.
Volgens ’n verklaring van Sanparke het die bul gereeld die grensheining van die ruskamp vertrap en ’n bedreiging vir mense ingehou. “Dit is met groot hartseer dat die veldwagters die bul in Letaba van kant moes maak, maar dit was om te voorkom dat mense moontlik beseer kon word.”
Ike Phaala, woordvoerder van Sanparke, het by navraag gesê dit sou nie help om die olifantbul elders heen te skuif nie. “Dit help nie. Dit is sinloos om ’n probleemdier te skuif, veral as hy aan die omgewing gewoond geraak het.”