Inwoners, bestaansvissers en ander belanghebbendes het die naweek in Langebaan byeengekom as deel van ’n optog teen Shell oor dié maatskappy se planne vir seismiese toetse in die oseaan by die Wildekus. Dié toetse is deel van Shell se navorsing op soek na olie en gas. Organisasies soos Natural Justice (NJ), Greenpeace, die Kei Mouth Skiboat Club (KMSBC) en die Border Deep Sea Angling Association meen die toetse mag langtermyn skade vir die Wildekus se oseaan en seelewe inhou.
Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, het sy steun aan Shell se seismiese opname aan die ekologies sensitiewe Wildekus gegee.
Dit kom ondanks wêreldwye woede oor die moontlik rampspoedige uitwerking wat die beoogde seismiese golwe na die seebodem op die marienelewe kan hê.
Terwyl hy die verstaan dat mense bekommerd is, het Mabuyane gesê hy glo die ekonomiese byvoordele kan die lewens van mense in die arm dorpies aan die kus transformeer.