Oom Olifant, die Krugerwildtuin se reusedier, het besoekers laat lag van plesier toe hy onlangs ’n waterpyp in die park beetgekry het.
Die grootpoot is Maandag gekiek toe hy aan die waterpype by die Punda Maria-dam in die noorde van die wildtuin gepeuter het.
Hy het gou ook sy maats nader geroep.