’n Geraamde 12 000 leeus en ’n onbekende aantal tiere word intensief op leeu- en tierplase oor Suid-Afrika heen geteel, blyk uit beeldmateriaal wat Four Paws, ’n internasionale dierewelsynsorganisasie, bekom het.
Die organisasie sê nie waar of wanneer hierdie beeldmateriaal bekom is nie.
Daniel Born, skakelbeampte van Four Paws in Suid-Afrika, sê in ’n verklaring Suid-Afrika is nou die grootste uitvoerder van groot katte en hul liggaamsdele ter wêreld.