Die Australiese maatskappy Searcher Seismic het waarskynlik Sondagmiddag met seismiese toetse in die see aan die Weskus begin.
Dít ondanks die feit dat verskeie applikante Vrydag hofstukke vir ’n dringende interdik hierteen in die hooggeregshof in Kaapstad ingedien het om Searcher Seismic te verbied om na olie en gas aan die Weskus te soek.
Jan Arkert, geoloog van die Southern Faith Communities’ Environmental Institute, het Sondag gesê Searcher Seismic se toetsvaartuig, die M/V BGP Pioneer, is Sondagmiddag sowat 113 km wes van Kaapstad gesien en Maandag sowat 193 km wes van Saldanhabaai.