Die olie- en gasreus Shell het aangekondig hy gaan op 1 Desember aan die Wildekus na olie en gas begin soek.
Janet Solomon, stigter van die bewaringsorganisasie Oceans not Oil, het Maandaggesê dit is “skokkend en onbegryplik” dat Shell juis in dié tyd van ’n klimaatnoodtoestand aan die Suid-Afrikaanse Wildekus daarmee wil begin.
Dit is voorts onverstaanbaar dat die Suid-Afrikaanse regering, wat pas R131 miljard van ontwikkelde lande ontvang het om na hernieubare energiebronne oor te skakel, toestemming gegee het dat Shell met sy soektog na olie en gas kan begin, het Solomon gesê.