Temperature net onder 40 °C word Vrydag op verskeie plekke in die Wes-Kaap verwag, met baie warm weer wat Saterdag kan voortduur.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Vrydag oor die Weskus-distrik.
In Clanwilliam en Vredendal kan die kwik Vrydag tot 39 °C styg, met 38 °C in die Paarl en Malmesbury.