Die vragskip die NS Qingdao sal na Saldanhabaai se hawe geneem word nadat die “chemiese ontbinding” en brand van sy vrag aan die Weskus onder beheer gebring is.
Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) het Vrydag gesê 1 300 ton van die skip se chemiese vrag is al in die see gestort en dit het gehelp om beheer oor die situasie te kry.
Samsa sê dié operasie is met hommeltuie en satellietfoto’s gemonitor en geen onmiddellike skade aan die omgewing is waargeneem nie.