Warmer aarde knou voëls in Kalahari

akkreditasie
’n Geelbekneushoringvoël in Etosha in Namibië. Foto: GINA WILGENBUS
’n Geelbekneushoringvoël in Etosha in Namibië. Foto: GINA WILGENBUS

’n Volgehoue toename in temperature wêreldwyd kan die geelbekneushoringvoël binne vyf jaar uit dele van die Kalahari laat verdwyn, het navorsers van die Universiteit van Kaapstad bevind. Die wyfie het ongewone broeigewoontes: Sy maak haarself in ’n holte tuis en bly sowat 50 dae daar om te broei en haar kuikens te versorg.

Geelbekneushoringvoëls sukkel om bo sekere temperature te teel omdat dit dan vir hulle moeiliker is om kos te vind.

Die navorsers het gemerk van 2008 tot 2011 was gemiddeld 52% van die nesbokse in die Kurumanrivierreservaat beset, teenoor slegs 12% in die tydperk 2016 tot 2019. Terselfdertyd het die gemiddelde getal kuikens per broeipoging van 1,1 tot 0,4 geval. Nicholas Pattinson, outeur van die studie, sê temperatuurdata vir die gebied so ver terug as 1960 toon geen noemenswaardige veranderings nie – tot die somer van 1996-’97. Sedertdien het die gemiddelde maksimum daaglikse temperatuur met sowat 1 °C per dekade gestyg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.67
-0.9%
Rand - Pond
19.91
-0.7%
Rand - Euro
17.08
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.33
-0.8%
Rand - Jen
0.12
-1.4%
Goud
1,765.81
+0.1%
Silwer
19.22
+0.0%
Palladium
1,959.00
+1.0%
Platinum
861.50
-0.8%
Brent-ruolie
102.77
-10.4%
Top-40
59,607
+1.1%
Alle aandele
65,702
+1.1%
Hulpbronne 10
60,490
+1.8%
Industriële 25
81,207
+1.1%
Finansiële 15
14,413
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos