Omgewingsfaktore wat die temperature in Kaapstad en Robertson kon beïnvloed, is die rede waarom rekord- maksimum temperature nie gedurende die naweek aangeteken is nie.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Dinsdag egter bevestig dat ’n rekord- minimum temperatuur van 22,8 °C Sondag by Alexanderbaai gemeet is. Die vorige rekord van 22,5 °C was op 16 Januarie 1963 gemeet.
Die temperatuur in Kaapstad was Saterdag 45,2 °C, terwyl 45,9 °C Sondag in Robertson gemeet is. Die SAWD sê dit gaan egter nie in sy klimaatdatabank aanvaar word as die nuwe rekord- maksimum temperatuur vir Januarie nie.