Die eland- en volstruis-bevolkings in die Weskus Nasionale Park móés uitgedun word sodat ander diere ingebring kon word om die genetiese diversiteit te verbeter.
Dit is Sanparke se reaksie nadat ’n leser vandeesweek in ’n brief gekla het dat dié park “een van die land se mees boklose parke is”.
Die leser was dus ontsteld dat Sanparke in Januarie beroepsjagters gebruik het om elande en volstruise in die park te skiet.