Die Universiteit Stellenbosch (US) ontken dat Afrikaans “afgegradeer” word, nadat sterk reaksie oor sy jongste taalbeleid verlede week ontvang is.
Die DA en AfriForum Jeug het sterk kapsie gemaak teen die jongste taalbeleid, wat Donderdagaand goedgekeur is en wat op 1 Januarie 2022 in werking sal tree.
Volgens die US is die taalbeleid die resultaat van ’n deeglike, omvattende en oorlegplegende beleidsuitvoeringsproses – “allermins ‘morsig’ soos ’n Sondagkoerant daarna verwys het”.