Die Vrystaatse en Noord-Kaapse onderwysdepartement is gereed vir die inenting van hul onderwysers en ander skoolpersoneel wat Woensdag landwyd begin.
Tate Makgoe, Vrystaatse LUR vir onderwys, sê die entstof is ’n noodsaaklike hulpbron in hul geveg teen die pandemie.
“Dit is kritiek dat ons enige verdere onderbrekings in ons skoolkalender vermy, want ons leerlinge ly reeds sedert verlede jaar akademiese verliese.”