Aktivisme is noodsaaklik om die vertroeteling, vereniging en benutting van Afrikaans as onderrigtaal te verskans, sê die kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US).
Oudregter Edwin Cameron het hom Donderdagaand sterk uitgespreek oor die waarde van Afrikaans op die eeufeesviering van die US se departement Afrikaans en Nederlands in Stellenbosch.
“Ek praat in drie hoedanighede: as Afrikaanssprekende, as regspersoon en as aktivis,” het Cameron, aktivis vir gay-regte en oor MIV/vigs, op die deftige geleentheid gesê.