Wanneer ’n skool gekies moet word, weeg die gehalte van die onderrig vir baie ouers swaarder as die behoefte dat hul kinders in hul moedertaal onderrig moet word.
So het dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), Maandag op Internasionale Moedertaaldag gesê.
“Die voordele van moedertaalonderrig kan slegs ontsluit word indien kinders gehalte-onderrig in hul moedertaal ontvang.”