Rekenings van 1 Julie tot tien keer duurder; onderwysgroepe wis van niks: Honderde skole in Johannesburg se munisipale rekening gaan drasties styg nadat die stad se metro besluit het om ’n spesiale belastingvergunning vir onderwysinstellings te skrap.
Openbare skole, kolleges en universiteite sal sowat ses keer meer moet betaal en dié in private besit tien keer meer.
Dit beteken volgens Christo Bronkhorst, ’n direkteur van Rates Watch, dat ’n openbare skool, universiteit of kollege wat vir sowat R70 miljoen gewaardeer word en tans net meer as R12 000 per maand betaal vir eiendomsbelasting sal van 1 Julie feitlik R76 000 per maand moet betaal.