Vanjaar se matriek-eindeksamen sal na verwagting nie so stadig op dreef kom soos verlede jaar s’n nie. Dit blyk uit die eindeksamenrooster wat Donderdag deur die onderwysdepartement uitgereik is.
Verlede jaar het die eksamen op ’n Woensdag begin en dit is aan die begin deur ’n godsdienstige vakansiedag onderbreek.
Maar vanjaar begin die eksamen op Maandag 31 Oktober met Engels vraestel 1, soos verlede jaar. Die eerste week blyk besig te wees met vakke soos ekonomie, Afrikaans, geskiedenis en wiskunde.