Die eerste ronde beoordeling vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad is afgehandel en inskrywings gaan nou na die ouditeurs van die kompetisie, Mazars, wat dit nagaan om toe te sien dat alles in orde is.
Altesaam 25 semi-finaliste, wat almal prysgeld en beurse van Kovsie Alumni-trust en UV Studentewerwing ontvang, word aangewys.
Die wenner en 13 finaliste, wat aan die eindronde van 5 tot 7 Oktober in Bloemfontein deelneem, ontvang ook prysgeld van Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk, asook die eindronde-geleentheid en geskenke ter waarde van R10 000.