Die DA in Limpopo is bekommerd dat baie voorvalle van boeliegedrag in skole in dié provinsie voorkom, maar nie aangemeld word nie.
So het Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, gesê na aanleiding van ’n voorval Maandag waarin Lufuno Mavhungu (15), ’n gr. 10-leerling aan die Mbilwi Secondary School in Sibasa buite Thohoyandou, na bewering herhaaldelik deur ’n medeleerling deur die gesig geklap is.
Ander leerlinge het die voorval opgeneem en die video op sosiale media gedeel, en Lufuno het ná skool na bewering haar eie lewe geneem.