Sy suikertand het hom eindelik met ’n stroopsoet honneursgraad beloon.
Rudolph Boraine (25) het onlangs sy honneursgraad in geskiedenis met lof aan die Universiteit van Pretoria (UP) geslaag.
Boraine, wat serebraal gestremd is, se navorsing vir dié graad het oor die koeksister gehandel.